![]() |
Omega3 Rob olie Kapsules |
![]() |
|
_________________________Prices went up by 21.62% but we kept it at 15%_________________________ |
|
ROBBE OLIE BIED DIE UITWEG MEER AS DERTIG MENSE STERF DAAGLIKS IN SUID AFRIKA AAN 'n HARTAANVAL. HIERDIE STRAK FEIT BEHOORT ELKE INDIVIDU VOLDOENDE TE MOTIVEER OM HUL LEWENSPATROON IN OëNSKOU TE NEEM. HOEKOM IS ROBBE-OLIE 'n UITWEG? A: Baie mense is nie bewus van die feit dat daar sekere vette is wat nie deur die liggaam vervaardig word nie en deur die dieët ingeneem moet word. Hierdie vette staan bekend as essensiële vetsure wat ook poli-onversadigde vetsure is. Die omega-3-vetsure is baie belangrike poli-onversadigde vetsure wat deur die dieët ingeneem moet word. B: Om voldoende vlakke van hierdie omega-3-vetsure in te neem moet groot hoeveelhede olierige vis geëet word. Slegs 'n baie klein persentasie van die wêreldbevolking wat hoofsaaklik op vis lewe bereik hierdie vlakke van inname. C: Robbe-olie is 'n uitstekende bron van omega-3-vetsure wat baie voordele in die liggaam het en baie belangrike funksies in die liggaam verrig. VOORDELE VAN DIE GEBRUIK VAN OMEGA-3-VETSURE (O.a. poli-onversadigde vetsure en meer spesifiek omega-3-vetsure) Poli-onversadigde vetsure en meer spesifiek omega-3-vetsure, verminder die risiko van hartsiektes, verlaag die cholesterol vlak, kroniese inflammatoriese siektes (soos bv. artritis, jig,dikderm ontsteking), kroniese brongitis en emfiseem. Omega-3-vetsure is ook nodig vir die normale ontwikkeling en groei in Kinders. |