Dr Shelley Hellig, Specialist Family doctor in Paarl & Franschhoek, South Africa

Dr Hellig is licensed to provide comprehensive travel medicine advice and immunisations including
the yellow fever vaccine, rabies vaccine & malaria prophylaxis.
hometravel medicineradio broadcastsarticlesgallerycontact us




SONBRUIN

Sonbeskermingsprodukte word al hoe slimmer. Net nou die dag beland n mediaverklaring op my lessenaar wat my dadelik laat regop sit. Die produk? Die nuwe Everysun Safe Sea SPF 30. - n innoverende sonblok wat jou ook beskerm teen die branderige steek van n bloublasie of jellievis en boonop doeltreffend is teen seeluise. Die produk se glibberige tekstuur maak dit moeilik vir die tentakels om aan jou vel vas te klou, en dis biochemies geformuleer om die afskeiding van jou vel te absorber wat die jellievis of bloublasie vertel hy is in kontak met prooi. Boonop is dit waterbestand en bevat n SBF 30-faktor.

n Goeie sonblok beskerm jou deesdae nie net meer teen sonbrand nie, maar ook teen die brand van bloublasies, pigmentasie en vroee lyne op die vel. Verskeie nuwer formulas bevat anti-oksidante om die vel teen vrye radikale te beskerm. Die nuwe Soleil DNA Guard van Lancome (R295 vir 50 ml) is nog n goeie voorbeeld van hoe gevorderd sonbeskermingsprodukte vandag is. Die formule beskerm die vel teen sonveroudering. n Ekstrak van witwilger versterk die DNS van die vel. Sulke beskerming is belangrik, want ernstige skade aan die vel is onomkeerbaar en kan tot velkanker lei.

Natuurlik is dit heerlik om tyd buite deur te bring in n sonnige land soos Suid-Afrika.

Ons voorbladgesig, Michelle Botes, erken juis velsorg is vir haar n stryd in die somer: "Ek het nog nie die regte kombinasie gevind nie. Ek dra altyd n hoed en probeer my vel na jare se baljaar in die son beskerm. Dit sukkel maar want ek is so lief daarvoor om in die branders te swem en duik."

Maar onthou, dis nie net belangrik om tussen 11 vm. en 3 m. uit die son te bly wanneer die son op sy felste is nie. Wees ook bedag op die son wanneer jy in jou motor werk toe ry, aangesien jou vel genoeg sonblootstelling kry om skade op te doen. UVA-strale filter gemaklik deur glas en selfs n middagslapie in daardie sonkolletjie in jou huis kan gevaarlik wees. Dis daarom noodsaaklik dat jy elke dag n sonblok onder jou bevogtigingsroom aanwend. n Bevogtigingsroom met n SBF is nog beter.

"Suid-Afrikaners raak al hoe meer bewus van die vernietigende skade van die son, maar dit beteken nie genoeg word gedoen om dit te voorkom nie. Mense le steeds op sonbeddens en steur hulle nie aan die belangrikheid van n SBF-faktor nie," se Julie Bragge, bemarkingsbestuurder van Dermalogica. Sy waarsku: "Die meeste sonskade word in die eerste 18 jaar van jou lewe opgedoen. As jy elke dag n SBF 15 gebruik, verminder jy jou risiko op velkanker met tot 80%.

Erge sonblootstelling in hierdie tyd verdriedubbel jou kanse om later kwaadaardige gewasse op die vel te ontwikkel."

"Suid-Afrika en Australie het die hoogste voorkoms van velkanker wereldwyd, " se dr. Shelley Hellig, n algemene praktisyn van die Paarl met n M.A-verhandeling in algemene sonbrand-ingeligtheid en - voorkoming. "Die son is n aphrodisiac - dit gee jou n gevoel van welgeluksaligheid, maar die effek is noodlottog en onomkeerbaar.

"Advertensies met sonbruin modelle en modeneigings slaan mediese waarskuwings en advies in die wind, en hou n 'songebrande, gesonde en welvarende voorkoms' voor. "Mens moet besef dat n sonbed net so gevaarlik is, en ook velkanker veroorsaak," waarsku dr. Hellig. Sy gee die volgende wenke: "Maak seker jou sonblok is waterbestand en dat dit n SBF 30 bevat. Kies n produk wat jou teen UVB- en UVA-strale beskerm. Wend dit elke 80 minute aan oor jou hele lyf. Bly tussen 10 vm. en 4nm uit die son en dra altyd n hoed wat jou nek en ore bedek. "En sorg dat jou kinders spesiale swemklere dra wat hul sensitiewe velle teen die kankervormende strale beskerm." Maar nie almal van ons kan of wil ure in die son deurbring nie. n Goeie sonverbruiningsproduk is die kitsoplossing vir n pragtige, bruin vel en boonop spring jy sonskade vry.

Tot onlangs nog was hierdie produkte n potensiele moderamp en het die gedagte aan gevlekte hande, onewerige vlekke en sterk, chemise reuke ons afgesit. Maar deesdae is daar n hele reeks produkte beskikbaar wat maklik aanwend en soos die ware Jakob lyk.

© Copyright 2008 - 2010 Dr Shelley Hellig. All Rights Reserved

Travel Medicine | Articles | Handbook of Familiy Medicine | A love for good food (Fair Lady Article) | Navorsing oor Kanker by Malawi Kinders Bekroon (Burger Article) | Sonbruin (Sarie Article) | Special Moments Gallery | Contact Dr Shelley Hellig | Home