Riane Jacobs (21) is vanoggend (06/01/2005) ingelig dat sy toelating
verkry vir studie vir die graad B.Mus aan die Universiteit Pretoria.
Riane
het nie matriek nie. Sy het die laaste ses jaar van haar onderwys tuis, in
Bellville en Stutterheim, van haar ouers ontvang. Sy het wel die volgende
prestasies behaal:
Tydens
haar tuisonderwys het sy aan die Wiskunde-Olimpiade deelgeneem en onder
die eerste tien kandidate landwyd ge-eindig ('n buitengewone prestasie).
Riane het
die Amerikaanse SAT- toetse voltooi. Daarin het sy in Engels beter
presteer as 81% en in Wiskunde beter as 96% van alle Amerikaners wat
universiteit toe gaan. (Die toets word normaalweg net in Engels en
Wiskunde of in Engels en Wetenskap afgeneem.)
Sy
het haar finale eksamens in Tjello en Klavier afgelę, sowel as die Graad
6-eksamen in teorie (Graad 6 is die ekwivalent van die teorie wat in die
BMus-graad bestudeer word.)
Riane het
twee jaar suksesvol per korrespondensie studeer aan die Whitefield
College, 'n ongeakkrediteerde Christencollege in die VSA.
Sy
is lid van die Barok-orkes van die Universiteit van Pretoria.
Sy
is aktief in Christelike jeugwerk en konsentreer op VIGS-bestryding onder
jeugdiges in die townships rondom Pretoria.
Riane
en haar ouers het, met die steun van die Pestalozzi Trust, die
Musiekdepartement van UP en ander goedgesinde UP-personeel, die afgelope
vier maande deur die doolhof van administratiewe beletsels geworstel. Ten
spyte van herhaalde weierings deur die Matrikulasieraad en die
universitetisadministrasie het sy uiteindlik daarin geslaag om die roete
vir alternatiewe toelating te aktiveer.
Die
Dekaan van Geesteswetenskappe het Riane voowaardelik tot die studie
toegelaat ingevolge die maatreëls vir Dekaansdiskresie. Sy moet nog die
(baie basiese) toelatingseksamen van die UP voltooi (ook die meeste
applkante wat wel matriek het moet deesdae daardie toetse slaag). Daarna
word sy voorwaardelik vir een jaar toegelaat. Indien sy haar studie
gedurende die eerste jaar suksesvol voltooi sal sy deur die meganisme van
die "Senaatsdispensasie" volle toelating verkry.
Hierdie
is die eerste geval waarvan ons weet waarin ons kan toon dat die wettige
megansimes vir alternatiewe toelating tot universiteite inderdaad deur
tuisleerders gebruik kan word.